In hierdie jongste episode van In Die Skrum kyk ons terug na die belangrikste uitslae van die afgelope naweek, en bespreek ons die groot wedstryde wat hierdie naweek voorlê. Ons verwelkom ook Neil Beukes en Chief Mbasa, splinternuwe spelers in die SWD-span, wat hulle insette gee oor hul toetrede tot die span, voorbereiding en verwagtinge vir die seisoen wat voorlê. Moenie hierdie insiggewende rugby-gesprek misloop nie – plaaslike stories, eerlike opinies en alles wat jy moet weet oor SWD-rugby.