STILBAAI NUUS - 'n Plaasaanval het gisteraand, Maandag 16 April, by Gazania Kwekery buite Stilbaai plaasgevind.
Vyf mans het by die woning ingebreek en 'n onbekende aantal vuurwapens gesteel.
Een van die plaasbewoners is doodgeskiet in die voorval.
Die 5 verdagtes is weg van die toneel met die gesteelde bakkie van die plaaseienaar. Die voertuig is 'n enkelkajuitbakkie met registrasie nommer CCC 12419. Die bakkie is wit van kleur met 'n kappie.
Die 5 verdagtes is swaar gewapen en die publiek word gemaan om nie die verdagtes te nader nie.
Volgens adjudant offisier Morne D'Emiljo. was die verdagtes om 23:14 op kamera opgemerk by 'n vulstasie op Heidelberg en dit is die vemoede dat hulle vanaf die Kaap afkomstig is sienende hul in daardie rigting beweeg het.
Forensiese deskundiges is tans besig met hul ondersoek op die misdaad toneel.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'