Oppiestoep

Blog Photo

Oppiestoep by Hannes Visser

Behalwe vir die ooglopende waarheid dat ek ‘n man is, grys geword het en gewig moet verloor, is daar seker ‘n hele kas vol feite wat baie mense nie van my weet nie.

Van die goed wat ek al probeer het was onder andere om ‘n KFC te bestuur (totaal sonder sukses), ek was twee keer op verskillende dorpe ‘n skoolhoof vir onderskeidelik 4 en 6 jaar ( dosyne mense wat in my klasse was loop steeds met onverwerkte trauma rond), verskeie boerbokke en rondloper varke is weens my bestuursvernuf in die hartjie van die Transkei die ewigheid ingehelp tydens my omswerwinge met ‘n bakkie om versekering te verkoop, ek was al ‘n kroegman, eiendomsagent, sekerheidswag (maar dit was baie lank terug toe rowers mens nog gebel het om te laat weet hulle gaan toeslaan) en die eienaar van twee besighede.

Tussen dit alles loop egter ‘n goue draad van skryf en kuns waarmee ek my besig hou vandat ek kan onthou. Ek het darem ook in die proses daarin geslaag om ‘n wonderlike vrou en twee great kinders onder my vlerk in te krap, en op hulle is ek baie trots.

Wat ek skryf lees elkeen tot sy eie voor- of nadeel,  die leser besluit.

Hannes woon op Oudtshoorn in die Klein-Karoo en is die redakteur van die Oudtshoorn Courant.

Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser