Mossel Bay Advertiser
Mossel Bay Advertise
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Nalbandian skop homself op die sitvlak!
11:18 (GMT+2), Thu, 12 July 2012
12
“I am ashamed and sorry for the kick that unintentionally hurt the line umpire. I never intended to hit him. It was an unfortunate reaction in which I let off steam after loosing a point. This (was) a regrettable reaction that I am fully responsible for...”

Dit was die woorde van David Nalbandian die Argentynse tennisspeler, wat met $12 560 beboet is nadat hy ‘n advertensiebord geskop het en so ‘n lynregter beseer het tydens die Queens’ Club finaal.

Hy is verder deur die Tennis Federasie gestraf vir onsportiewe gedrag en het ook sy $57 350 dollar prysgeld verbeur!

Nalbandian het die eerste stel gewen maar het kwaad geword nadat hy sy dienbeurt verloor het en toe 3 – 4 agtergeraak het in die tweede stel. Nadat hy ‘n voorarmhou gemis het, het hy uit frustrasie die advertensiebord onder die stoel van lynregter Andrew McDugall geskop. ‘n Stuk van die bord het die lynregter op die linkerskeen getref waarna bloed uit ‘n duimlange sny gespuit het.

Nalbandian het sy fout erken en gesê: “Somtyds raak jy gefrustreerd op die baan en dit is moeilik om jouself te beheer ....

Nalbandian se optrede is weer ‘n bewys hoe belangrik dit is om ons frustrasies reg te hanteer. Die persoon wat in die hitte van die oomblik kalm kan bly en voortgaan met die ‘spel’ is ‘n wenner al loop hy agter op punte. Die een wat sy frustrasies op ander mense of voorwerpe uithaal, berokken homself onberekenbare skade. Die grootheid van ‘n man kan gemeet word aan die groote van die dinge wat hom kwaad maak…

Die verskoning ‘ek was gefrustreerd en kwaad’ is nie aanvaarbaar vir ‘n kritiese buitewêreld nie. Hulle verwag eenvoudig beter van ons en swaar ‘boetes’ word opgelê op die ongelukkige oortreder. Nalbandian gaan vir die res van sy lewe bekend staan as die ou wat sy frustrasies probeer ‘uitskop’ het (en hom sodoende eintlik self onder die sitvlak geskop het!)

Het jy ook soms, soos ek, ‘n probleem met selfbeheersing? Voel jy ook soms om al jou speelgoed uit jou kot te gooi? Leer dan om meer ontspanne te wees. Gee oor aan ‘n ‘Krag’ groter as jyself - die krag van God wat jou in die frustrerendste omstandighede kan kalm hou... ‘Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare’ (Sag 4:6).

www.dsgielie.net



Posted by Ds. Gielie Joubert | Email Send to a friend | Print Print Article | Bookmark and Share
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest Blog Postings
Mouthwash: Reguleer jouself
Déjà vu : Naweeknotas A: I quit...?
Lugtyd: Dankie tog!
Life in the Slow Lane: It's all in the alphabet
Chatterbox: Wrap your head around this...!
Inspirasie viri Nasie: Hope in the Lord
Life in the Slow Lane: Eating out hard to swallow
Chatterbox: Die krokodil
Those Camera Guys: Next-generation Olympus PEN
The Jolly Lama: The basis of all morality
More Blogs
Chatterbox
Déjà vu
Inspirasie viri Nasie
Life in the Slow Lane
Lugtyd
Mouthwash
The Jolly Lama
Those Camera Guys
Men
Women
Search
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 55.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 50.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser
Twitter Facebook Digital Platforms