Inligting oor Saterdag se skietkompetisie

MOSSELBAAI NUUS - Indien die weer dit toelaat, sal die Neill Calitz Skietklub se maandelikse skietkompetisie môre, Saterdag 2 November, plaasvind. Die kompetisie begin om 09:00 en vind op die Danie Jacobs Skietbaan plaas.

Indien die weer sodanig is dat lede nie seker is of die kompetisie voortgaan of nie, word hulle versoek om rondom 08:00 vir Neill by 072 842 4850 te skakel alvorens hulle na die skietbaan gaan.

Woensdag

Woensdag se skiet-oefening is hoofsaaklik tussen die Stoop-egpaar en Suzette Herrer beslis. In die 10m het Danette Stoop met 97/100 vir manlief Niek Stoop (96/100) en Suzette Herrer (94/100) ge-klop.
Verskeie van die ander skuts het ook uitstekend gevaar.
In die 20m het Suzette en Danette saam eerste geëindig met 88/100. Niek was derde en Johan Kemp vierde.

Beste tellings van die dag was:

10m: 1. Danette Stoop; 2. Niek Stoop; 3. Suzette Herrer; 4. Johan Kemp; 5. Elna Venter; 6. Willem
Schoeman; 7. Gert Nel; 8. Eugene Barnard; 9. Rob Cumming.
20m: 1. Dannet Stoop en Suzette Herrer; 3. Niek Stoop; 4. Johan kemp; 5. Gert Nel; 6. Elna Venter; 7. Willem Schoeman; 8. Eugene Barnard; 9. Rob Cumming.

'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser