Bussie met 16 in ongeluk op N2

Die bussie lê op sy kant langs die pad.

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Daar was vroeg vanoggend 'n ongeluk op die N2 net verby Kleinberg, ongeveer 28km buite Mosselbaai in die rigting van Kaapstad.
 
Die ongeluk het plaasgevind to die bestuurder van 'n bussie, met 16 insittendes, glo vir 'n bok uitgeswaai het.
 
Slegs geringe beserings is opegdoen. 
 
Die voertuig het 'n Oos-Kaapse registrasienommer gehad. 
 
 
Nooddienste op die toneel van die ongeluk. 
 
Meer inligting volg soos dit bekend word. 
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser