Vrouegroep reik uit na Wolwedans gemeenskap

Hierdie vroue en polisiebeamptes, asook lede van die die plaaslike GPF het die byeenkoms bygewoon.

GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Outreach Inspiration is 'n groep van ongeveer 30 vroue wat elke Maandagoggend bymekaarkom by die veeldoelige sentrum in Wolwedans, Groot-Brakrivier.
 
Die groep vroue se hande en harte reik uit na die gemeenskap. Hulle is tans besig om komberse te brei vir Mooiuitsig-skool vir gestremdes in Wolwedans. Juwele word gemaak, handgemaakte kaartjies en nog baie ander projekte word deur die jaar aangepak.
 
Groot-Brakrivier SAPD en die GPF het die geleentheid gehad om hierdie talentvolle vroue vanuit Wolwedans-gemeenskap te ontmoet tydens hul maandelikse imbizo.
 
Kaptein Dewald Kitching, stasiebevelvoerder en sers Chantel Marais het die vroue toegespreek oor alkohol- en dwelmmisbruik asook gesinsgeweld en die verkryging van 'n beskermingsbevel. Die Groot Brak GPF-voorsitter, mnr Johan Muller het die vroue meer vertel oor die rol van die GPF binne die gemeenskap en verskeie projekte bespreek om misdaad hok te slaan.
 
Daan Smith, voorsitter van die Midbrak-buurtwag was ook een van die sprekers. Smith sê: "Raak betrokke by 'n buurtwagstruktuur.
 
Die enigste manier wat jy werklik sal weet wat die stand van misdaad in jou omgewing is of watter bedreigings daar is, is deur betrokke te raak by ander lede van jou gemeenskap. Mense wat saamwerk kan 'n verskil maak."
 
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser