Mej Hartenbos 2017 wen nasionaal

Die beoordelaars het 'n moeilike taak op hande gehad om tussen al die talent uiteindelik net een wenner te kies.

MOSSELBAAI NUUS - Mej Hartenbos 2017, Danielle van Zyl, is ook nasionaal gekroon as Mej Oorde.
 
Hierdie Pretorianer het die kroon voor talle hoopvolle deelnemers weggeraap tydens 'n glansgeleentheid in die ATKV Amfiteater op 27 Desember.
 
Die gaskunstenaar was Dillon Lerm terwyl Janine Truter, 'n predikant en voormalige Mej Hartenbos 2012, die program vlot laat verloop het.
 
Die ATKV bedank al die borge wat bygedra het om van hierdie spoggeleentheid weer eens 'n klinkende sukses te maak.
 
 
Mej Hartenbos 2017 is die Pretorianer, Danielle van Zyl, wat ook met die nasionale titel as Mej Oorde bekroon is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus' 


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser