Man (44) pleeg selfdood

Generiese foto.

MOSSELBAAI NUUSFLITS - ‘n 44-jarige man het gistermiddag om 16:00 vanaf die boonste parkeerterrein by die Super Spar in Alhofrylaan, Mosselbaai na sy dood gespring.

Volgens die polisie het die oorledene, Stefanus Smit, ook op Saterdagaand, 7 Januarie gedreig om op dieselfde wyse selfdood te pleeg, maar is dieselfde aand deur verkeerspolisie na die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal geneem.

Polisie sê Smit het om 12:00 gistermiddag by die parkeerarea rondgehang waarna ‘n polisiebeampte met hom gaan gesels het. Smit het aan die polisebeampte ontken dat hy beplan om van die gebou af te spring.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Enigeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte in die saak, sers Zakes Salemane kontak by 044 606 2850.
 
Meer inligting volg soos dit bekend word.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser