Vrou (57) ontvang bomdreigement

Generiese foto.

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Speurders verbonde aan die Mosselbaai-polisiestasie ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n 57-jarige vrou van Heiderand, op Vrydag 6 Januarie ‘n bomdreigement ontvang het.
 
Die vrou is na bewering deur ‘n manspersoon gekontak wat haar gewaarsku het om nie haar voertuig te gebruik nie, omdat daar glo ‘n bom in is.
 
Die polisie het die toneel besoek waarna die voertuig deursoek is en veilig verklaar is.
 
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
 
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser