Vrou op seiljag dood

'n Vrou is op 'n seiljag in die Mosselbaai-hawe oorlede.

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Mosselbaai-polisie wag op die nadoodse ondersoek van ‘n 61-jarige vrou wat vanoggend om ongeveer 05:45 op ‘n seiljag wat op anker gelê het, by die Mosselbaai-hawe dood is.

Die 61-jarige vrou is vermoedelik aan ‘n hartaanval dood.
 
Volgens die polisie het die vrou en haar broer reeds die afgelope drie maande op die seiljag gewoon, terwyl hulle herstel werk aan die seiljag gedoen het. Polisie vermoed tans nie gemene spel nie, maar wag op die nadoodse ondersoek.

Die vrou het na bewering ‘n hartkwaal gehad en medikasie hiervoor is op die seiljag gevind. Polisie en nooddienspersoneel het hulle na die Mosselbaai Hawe gehaas en die vrou se liggaam is kort na die voorval verwyder.
 
Die oorledene is afkomstig van De Rust.
 
Meer inligting volg soos dit bekend word.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser