Hoërskool Punt spog met uitslae

Groot blydskap het onder die groep geheers wat almal n A gemiddeld behaal het

MOSSELBAAI NUUS - Die matriekgroep van 2016 het kwaliteit uitslae gelewer tydens hulle matriekeindeksamen.

Die slaagsyfer van Hoërskool Punt is 98.7% en 85.5% leerders het vrystelling gekry. Daar is 26 A gemiddeld kandidate en 48 met ’n B-gemiddelde wat meer is as in 2015.
 
308 A-simbole in verskillende vakke is behaal en 381 B-simbole.

Die duxleerling van 2016 is Catharyn Jacobs wat 7 A-simbole en ’n gemiddeld van 92.3% behaal het. Tweede is Dane Rautenbach met 8 A-simbole en ’n gemiddeld van 89.7%.

Die top 10 leerlinge van Punt met hulle gemiddelde is soos volg:

10 - Maryna de Vrye (5 A’s en 2 B’s) 86.7%

9 - Liza-Marie van Breda (7 A’s) 87%

8 - Wilri Terblanche (7 A’s) 87.1%

7 - Marizanne Nel ((7A’s) 87.3%

6 - Louis Swanepoel (6 A’s en 1 B) 87.9%

5 - Ivana Maarschalk ((7 A’s) 87.9%

4 - Andrew Murdoch (6 A’s en 1 B) 88.1% (hy het ook 'n A gekry vir gevorderde Wiskunde)

3 - Kardia Jankowitz (7 A’s) 88.4%

2 - Dane Rautenbach (8A’s) 89.7%

1 - Catharyn Jacobs (7 A’s) 92.3%

Volgens Hoërskool Punt se hoof, mnr. Bester, is die personeel baie tevrede met die uitslae en hy het die groep gelukgewens met hulle goeie prestasies en baie voorspoed toegewens met hulle verdere studies.
 
 
 
Hierdie groep van 26 leerlinge spog almal met n A gemiddeld  
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser