Brandenburg Trio: meesterklas én konsert

Musiekliefhebbers moenie die kans misloop om die Brandenburg Trio in lewende lywe op 4 Mei te sien nie.

MOSSELBAAI NUUS - Op 4 Mei is liefhebbers van Mozart, Schubert, Purcell en Klein in vir 'n musiekbederf wanneer die Brandenburg Trio in Mosselbaai optree.
 
Dié trio bestaan uit die Suid-Afrikaansgebore vioolspeler, Avigail Bushakevitz, die Duitse altvioolspeler, Ernst-Martin Schmidt en die Spaanse tjellis, Andrea Casarrubios. Hulle het al in van die wêreld se grootste sale gespeel soos die Concertgebouw in Amsterdam, die Royal Albert Hall in Londen, Carnegie Hall in New York en die Philharmonie in Berlyn.
 
Die vertoning vind plaas in die Dias Museum op Donderdag, 4 Mei om 19:30. Deure open om 18:45.
 
Vir lede van die Mosselbaai Kunstervereniging asook lede van die George Musiekvereniging beloop kaartjies R80 elk, terwyl nie-lede R100 elk betaal. Kaartjies kan bekom word deur Annette Strydom (076 857 2900) of Abé Meintjes (083 268 3718) te kontak. Lidmaatskap van die vereniging beloop R100 per persoon vir die jaar en kan by die konsert bekom word.
 
Gratis meesterklasse
Die kunstevereniging is geweldig trots om ernstige tjello, viool én altviool studente te nooi vir meesterklasse wat deur die Mosselbaai Kunstevereniging geborg word - en dus gratis aan kwalifiserende studente gebied word. Dit vind op Woensdagmiddag en Woensdagaand, 3 Mei plaas en kan gereël word met Lelane van der Merwe (084 323 7478).
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus' 


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser