Translate to: 

KKNK 2017: Beleef meer by Rivierbuurt

KKNK 2017: Beleef meer by Rivierbuurt
Juanita du Plessis.
SUID-KAAP NUUS - KKNK-feesgangers sal verheug wees om te hoor dat die gewilde opelugkonserte vanjaar tussen 8 en 15 April weer deel van die aanbod in die Rivierbuurt is. Nog beter nuus is die spesiale promosie wat op 23 Maart aangebied word om ’n weekkaartjie teen ’n spotgoedkoop prys te kry.

Met kunstenaars soos onder andere Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, HemelBesem, Kurt Darren en Refentse wat deur die loop van die fees optree, is ’n weekkaartjie teen R175 (’n besparing van R75) die antwoord om nie ’n enkele konsert van jou gunstelingkunstenaars mis te loop nie.

Vir diegene wat verkies om so na aan die verhoog moontlik te wees, is golden circle-kaartjies beskikbaar vir Juanita, Bok en vriende (8 April), Theuns Jordaan & Dr. Victor (9 April), kykNET Jukebox (14 April) en Kleurvol (15 April). Dié golden circle-kaartjies, wat nie toegang tot die Rivierbuurt bied nie, kan ook op Donderdag 23 Maart teen ’n afslagprys van R50 per kaartjie (’n besparing van R30) opgeraap word.

“Die opelugkonserte word vir die eerste keer sedert 2012 in die Rivierbuurt aangebied, wat beteken die waarde in die feesterrein is groter as in die verlede. Dié spesiale aanbod is juis omdat ons wil hê dat een en almal die Rivierbuurt moet beleef,” sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van KKNK.

Onder die dak van die Klein Karoo-hemel kan jy elke dag ’n ander koslekkerny beproef. Moet ook nie van die heerlike deli-happies en die proeë in Liplekker vergeet nie. Dan is daar natuurlik die grootste “winkelsentrum” in die Klein Karoo met talle unieke produkte en eiesoortighede om jou kooplus te stil. Daar is volop rusareas vir moeë voete en heerlike vermaak by die pretpark met sy rides en slides.

Buiten vir die opelugkonserte is daar ook twee ander verhoë. By die Kango Kombuis-verhoog tree kunstenaars soos Mwah!, Johan C Venter, Michael Lindt, Elandré Schwartz en vele ander op, terwyl die Coca-Cola-verhoog ’n lekker kuieratmosfeer met skop bied met bands soos Dobbelsteun, Paul Amas & Vriende en Southern Lights Band.

Om al die doendinge en topvermaak in te pas en by die meer as 450 stalletjies te gaan snuffel, kan ’n mens kwalik net een dag by die Rivierbuurt deurbring.

Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word, of kontak 044 203 8600. Die feesdatums val binne die nasionale skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek.

Huisgenoot-verhoog: Aandprogram

Juanita, Bok en vriende
Met Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Refentse, Jo Black, The Black Ties en Elandré Schwartz Musiekregie: Jaconell Mouton
8 April 17:30

Theuns Jordaan en Dr. Victor
Met Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels
9 April 18:30

Nicholis, Elizma, The Rockets en Brendan
Met The Rockets, Nicholis Louw, Elizma Theron en Brendan Peyper
10 April 18:00

Emo, Kurt, Karin en Robin
Met Emo Adams, Kurt Darren, Karin Kortjé en Robin Peters
11 April 18:30

Bobby en Rhema
Met Bobby van Jaarsveld en Rhema Varrie
12 April 18:30

Rymklets van Oos tot Wes
Met Early B, Die Salwing (HemelBesem, Yoma en Linkris), Jerome Rex, RenoKarooKing, Die Hooflig, Japsnoet en DJ Hearing Aid
13 April 18:30

kykNET Jukebox
Met Pieter Koen, BlackByrd, Refentse, Jay, Leah en Willem Botha Musiekregie: Jaconell Mouton
14 April 18:30

Kleurvol
Kontemporêre musiek
Met Whaden Johannes, Faraway George, Nicky de Kock, Dirja Lekas, Elzabeth van der Bijl, Liesel Harris-Kruger en Malindi Burden Mentors: Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch Regie: Nico Scheepers Musiekregie: Jaconell Mouton
15 April 18:30
 
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Hessequa, Tuinroete nuus'
10:19 (GMT+2), Mon, 20 March 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

A new chapter in the beloved 'Ring' horror franchise. A young woman becomes...
Belle (Emma Watson), a bright, beautiful and independent young woman, is...
Saban's Power Rangers follows five ordinary teens who must become something...
Emma le Roux is on her way home to the family farm in the Great Karoo....
Bodi (Luke Wilson), a wide-eyed Tibetan Mastiff, is expected to become the...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
It is soon to be suggested to the Mossel Bay municipal council that all sports stadium names should be changed to honour local sporting heroes. Do you support the notion?
YES: Current names are non-descriptive and more should be done to honour local people who have left a great sporting legacy.
Mossel Bay Advertiser 9%
NO: Keep the names of the stadiums as they are; it is too costly to change maps already depicting these names.
Mossel Bay Advertiser 91%
Men
Women
Search
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 34 and 48.
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 32 and 43.