Translate to: 

Suid-Kaap Kinderkoor oorsee genooi

Suid-Kaap Kinderkoor oorsee genooi
Die Suid-Kaap Kinderkoor bied jong mense van alle gemeenskappe die geleentheid om as internasionale kunstenaars erkenning te ontvang.
SUID-KAAP NUUS - Die befaamde Suid-Kaap Kinderkoor, het vanaf 5 tot 7 Januarie by die NGK Moedergemeente in George, met hul nuwe lede begin voorberei om verdere wêreld-hoogtepunte te bereik.
 
Dié uiters suksesvolle streeks-kinderkoor, wat, na 'n bestaan van twintig jaar, in Europa meer bekendheid as in Suid-Afrika verwerf het, het 'n uitnodiging aanvaar om as gaskoor tydens 2018 'n kompetisietoer van Ierland, België, Switserland en Italië te onderneem.
 
Die jaarlikse werwing het reeds begin en die mees talentvolle sangers tussen die ouderdomme van 9 en 16, is reeds gekeur uit skoolkore in George, Mosselbaai, Hartenbos, Knysna en Oudtshoorn.
 
Hul sal voortgaan om as ambassadeurs van koorsang in die buiteland op te tree.
 
Dirigent, Jan-Erik Swart, vertrek in Julie na Barcelona in Spanje om die 11de IFCM Internasionale Konferensie van Koormusiek as genooide afgevaardigde by te woon. Die SKKK is 'n lidkoor van dié roemryke organisasie en word hoog op die wêreldranglys van kore aangeskryf.
 
Sy M.Mus cum laude verhandeling (2013) is onlangs in 'n vooraanstaande internasionale akademiese musiekbundel gepubliseer, wat hom die geleentheid gebied het om sy doktorsgraad in koordireksie te voltooi. Intussen is hy uitgenooi om koorwerkswinkels in België en Nieu-Seeland tydens 2017 aan te bied.
 
Tydens 2018, word die Olimpiese Spele van Koormusiek, die 10de Wêreldkoorspele in Tshwane aangebied, en sal die SKKK in drie kategorieë deelneem om hul 2014 wêreld 1ste, 2de en 4de plek te verdedig en te verbeter.
 
Plaaslike gehore sal nietemin die geleentheid kry om die SKKK tydens 2017 in verskeie nabygeleë plattelandse dorpe, wat Stilbaai, Grootbrak, Knysna, Calitzdorp, George, Mosselbaai en Oudtshoorn insluit, te ervaar.
 
Konsertdatums, plekke en kostes word op die koor se webtuiste, www.sccchoir.co.za, vertoon.
 
Volgens Jan-Erik Swart lê die geheim van die Suid-Kaap Kinderkoor daarin dat jong mense van alle gemeenskappe van die Suid-Kaap die geleentheid gegun word om as internasionale kunstenaars erkenning vir hul talent te ontvang, en presteer hulle tot die beste van hul vermoëns omdat hulle 'n platform van ruim visie, ondersteuning en erkenning ontvang wat nie in die huidige onderwysstelsel beskikbaar is nie.
 
Uiters begaafde oudkoorlede, wat Chanté van der Westhuizen en Brighitte Deister insluit, is sprekende voorbeelde van suksesverhale wat binne die SKKK ontstaan het.
 
Skole en ouers in die Suid-Kaapstreek word genooi om met die Suid-Kaap Kinderkoor in verbinding te tree om talentvolle sangers die geleentheid te bied om aan die internasionale deelname van die SKKK deel te neem.
 
Kontak die dirigent by 084 645 9320 of southcapemusic@gmail.com om by die koor betrokke te raak.
 
 
Die Suid-Kaap Kinderkoor bied jong mense van alle gemeenskappe die geleentheid om as internasionale kunstenaars erkenning te ontvang.
 
 
Die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor het 'n uitnodiging aanvaar om volgende jaar deel te neem aan die Olimpiese Spele van Koormusiek en het reeds begin met repetisies hiervoor.
 
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'
07:47 (GMT+2), Wed, 11 January 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

Five-year-old Saroo gets lost on a train and is taken thousands of...
Looking for any way to get away from the life and town he was born into,...
A koala named Buster Moon has one final chance to restore his theater to...
When Callum Lynch explores the memories of his ancestor Aguilar and gains...
Wanneer die begroting vir Romeo & Juliet gesny word vir opgraderings...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Are locals doing enough to alleviate the dire need of the poor among us?
YES: I pay taxes diligently; there are enough welfare organisations and departments caring for the needy.
Mossel Bay Advertiser 68%
NO: It is my civic duty to assist where I can but I do not always know to whom to make donations.
Mossel Bay Advertiser 32%
Men
Women
Search
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 24 and 39.
I'm a 57 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 61.