Translate to: 

Mama Rambo op laaste reis

Mama Rambo op laaste reis
Wyle Annatjie Stander
MOSSELBAAI NUUS - Annatjie Stander (71), die Suid-Kaap se eie Mamma Rambo wat sinoniem was met 4x4-uittogte in Suidelike Afrika, het finaal gegroet en haar laaste reis voltooi toe sy na 'n kort siekbed in die George Medi-kliniek oorlede is.

Sy het die bynaam Mamma Rambo verdien weens haar onverskrokkenheid op al wat 4x4-roete is saam met haar oorlede eggenoot, Sieg Stander, wat tien jaar gelede oorlede is.

Die Standers was besonder lief vir die buitelewe en veral hul "Landie" waarmee hulle bykans elke veldroete in Suid-Afrika en verskeie buurlande stofgetrap het. Hulle het ook verskeie lang uittogte na Namibie, Botswana, Mozambiek en Zimbabwe gelei en so 'n nuwe wereld vir baie ander mense oopgestel.

Die Standers se liefde vir motorsport het begin toe hulle aan verskeie tydrenne deelgeneem het en Annatjie ook haar kant moes bring as alles nie vlot verloop het nie.

Sy was deur die jare 'n uitstekende veldkok wat die smaaklikste etes om die kampvuur kon voorberei. Sy het haar selfs nie eens deur roofdiere laat afskrik as hulle in die boendoes uitgespan het nie.

Sieg het later ook verskeie avonture van hulle in artikels in George Herald en Mossel Bay Advertiser geboekstaaf wat as handleiding vir baie ander 4x4-entoesiaste gedien het. So het hulle ook verskeie nuwe veldroetes aan die publiek bekendgestel.
Hulle het by geleentheid ook in 'n episode van die Voetspore-program verskyn toe hulle 'n entjie saam met Johan Badenhorst en sy span gereis het.

As jong vrou van Witbank was sy 'n talentvolle atleet wat veral in hekkies uitgeblink het. Sy was later ook afrigter van verskeie jong atlete wat sy op die suksespad gehelp het.

Later jare het sy haar moeder opgepas en by tye na die kleinkinders omgesien. Haar kinders het baie gekla dat sy hul reëls by die venster uitgooi en met haar meer gemaklike reëls vervang wanneer die kleinkinders hy haar tuisgegaan het.

Haar gesondheid het die laaste paar maande agteruitgegaan totdat sy in die kliniek opgeneem is.

'n Troosdiens is ter ere van haar in die Mosselbaai-Suid NG Kerk gehou.

Behalwe haar moeder laat sy ook vier getroude kinders, Jan, Sieg en Gert Stander asook Anita Barnard agter. Sy laat ook sewe kleinkinders agter.

'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'

06:05 (GMT+2), Fri, 14 March 2014
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Movie Trailers

When a university fraternity of male students moves into the neighbourhood,...
When his late mother appears in a vision and tells him to go to Bucharest,...
A growing nation of genetically evolved apes led by Caesar is threatened by...
New York writer Michael (Liam Neeson) has recently split with his wife. His...
After a bad blind date, a man and woman find themselves stuck together at a...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Do you have any sympathy with the service delivery protests that have taken place in Mossel Bay this past week?
YES: Basic services is a basic right and should be equally available to all residents, irrespective whether one lives in an informal settlement or not.
Mossel Bay Advertiser 15%
NO: Living in a democratic society, one does not expect leaders to lead their followers in a violent and law-breaking protest, as this will not lead to any solution.
Mossel Bay Advertiser 85%
Men
Women
Search
I'm a 28 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 45.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 50 and 64.