Mossel Bay Advertiser
Mossel Bay Advertise
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Ongeluk eis jong vrou se lewe
08:00 (GMT+2), Fri, 19 October 2012
Ongeluk eis jong vrou se lewe
Letisha se rooi motorfiets is duidelik te sien onder die wrak van die beskuldigde se voertuig.
MOSSELBAAI NUUS - Die jong vrou wat verlede Woensdagaand, 10 Oktober naby die Langeberg Winkelsentrum verongeluk het, sou binnekort haar eksamen vir assistent apteker voltooi het.

Die 24-jarige Letisha du Toit, was 'n bekende gesig by die Moskem Apteek in Hartenbos waar sy gewerk het en het glo groot drome gehad om eendag 'n apteker te word.

Letisha het vroeër die aand by haar broer in Klein-Brakrivier gekuier en na 21:00 teruggekeer huistoe. Sy het met haar motorfiets op die N2 in die rigting van Mosselbaai gery en die afrit by die Langeberg Mall geneem toe sy in 'n botsing met 'n aankomende voertuig betrokke was.

Dié voertuig het teen die verkeer in die eenrigting gery.

Die bestuurder van die voertuig, 'n 55-jarige werknemer van PetroSA, was met die SAPD se aankoms op die ongelukstoneel, nie op die toneel nie. Hy is na 'n soektog in naby geleë bosse gevind en gearresteer.

Die beskuldigde, wat in Heiderand, Mosselbaai woonagtig is, het op 12 Oktober in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag en die bestuur van 'n motorvoertuig terwyl onder die invloed van alkohol.

Hy is met 'n waarskuwing vrygelaat en verskyn weer op 21 Januarie 2013 in die hof.


Letisha was lief vir haar werk as apteker assistent en wou graag 'n apteker word.

ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Slider says: 19/10/2012 15:16:59
This is so bloody unnecessary.

Please login at the top of the page.
Latest News
Sektor 2 gemeenskapsvergadering
Why landlords need professional letting agents
Belangrike vergadering
Vertonings van 'Klaas se Plaas'
Breast cancer: 10 minutes can save your life
Gesin by waterval beroof
Right to Repair Campaign aims to put consumers in control of maintenance decision-making
Talent show auditions halted
Look at the big picture when you buy
Oyster Bay interns spot Flamingos
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 34.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 50.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser
Twitter Facebook Digital Platforms