Mossel Bay Advertiser
Mossel Bay Advertise
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
3 medaljes vir Paralimpiese-atleet
05:00 (GMT+2), Fri, 14 September 2012
3 medaljes vir Paralimpiese-atleet
'n Dankbare Dyan Buis oor die wenstreep tydens die T38 mans-200m. Foto: Gareth Copley
MOSSELBAAI NUUS - Dis nie aldag dat 'n pa die kans kry om so breed te glimlag soos Daniël Baron nie.

Boonop met goeie rede, omdat sy seun, Dyan Buis (21), vandeesweek met drie van die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span se 29 medaljes huis toe gekom het.

Dyan het twee silwer medaljes verower in onderskeidelik die T38 mans-200m en -100m, asook 'n brons medalje in die F37/38 mans-verspring. Buis, 'n boorling van Riversdal, het ook tydens sy deelname aan die Paralimpiese Spele in Londen, twee Afrika-rekords, een Wêreldrekord en twee persoonlike beste prestasies verbeter.

Dyan, 'n serebraal gestremde, was van skooldae af reeds 'n geesdriftige atleet. Ten spyte van sy gestremdheid, het hy sy skoolopleiding aan die hoofstroomskole op sy tuisdorp voltooi, waartydens hy altyd teen atlete met normale kapasiteit kragte gemeet het. Alhoewel sy sportprestasie gemiddeld gebly het, het dit hom egter net aangespoor om nog harder te oefen ten einde te bewys dat hy in die span tuishoort.

Volgens Baron, het 'n ene Meneer Barry 'n groot rol tydens in sy vroeë vorming as atleet gespeel. En toe kom een van die groot aanmoedigings: hy breek die skool se verspringrekord!

"Dit was sy droom om uit te blink in sport," vertel sy pa, wat reeds 21 jaar werksaam is by Korrektiewe Dienste Mosselbaai, en hy voeg met 'n groot glimlag by, "maar ons het darem nie sover as die Paralimpiese Spele gedink nie!"

Dyan het teologie gaan studeer aan die Global University in Kaapstad, waar hy onverwyld by 'n atletiek-klub betrokke geraak het. Later sluit hy aan by die Maties/Helderberg sportklub vir gestremdes en die res, soos die effe geykte uitdrukking lui, is teen hierdie tyd geskiedenis!

Aldus 'n nuusverklaring deur die Universiteit van Stellenbosch, was hierdie klub verantwoordelik vir 59% van die Suid-Afrikaanse span se medaljes tydens die pas-afgelope Paralimpiese Spele in Londen.

"Dyan het 'n baie sterk persoonlikheid," vertel sy pa. "Van kleins af was sy vertroue in God en sy geloof in homself deel van hoe hy sy hele lewe en ook sy sport benader het."

Baron vertel ook hoe Dyan nooit in selfbejammering verval het oor sy gestremdheid nie.
"Hy het nooit gekla of hartseer gewees omdat hy teen 'normale' atlete moes meeding nie."
En nou noem hulle hom die 'goue seun van Riversdal'.

Selfs Gideon Sam van SASCOC (South African Sports Confederation and Olympic Committee) sê in 'n nuusverklaring, uitgereik deur Supersport: "There have been many highlights - each and every performance was a highlight. But seeing youngsters, like Dyan Buis get three medals, was magnificent."

Die Riversdalse Munisipaliteit beplan glo volgende week 'n groot ontvangs vir Dyan, wanneer hy sy ouerhuis kom besoek.
"Ja dis nogals lekker, die mense wat ons op straat stop en gelukwens," vertel sy pa effe verleë. Hy noem dadelik hoe graag die familie almal wat belê het in Dyan se ontwikkeling as sportman en mens wil bedank, alhoewel die grootste eer hulle Hemelse Vader toekom.

"As ek iets mag deel met die ouers van gestremde kinders, sou ek sê, ondersteun jou kind in alles wat hy of sy doen. Moenie vaskyk teen hulle gebrek nie," sluit Baron af.

Die familie bedank die volgende borge: Korrektiewe Dienste Algemene-klub, Riversdale Super Spar, JC Slaghuis, Motors & Trekkers, Riversdale Toyota en Pro-Motors.

Daniël Baron, woonagtig in Riversdal, maar reeds 21 jaar verbonde aan Korrektiewe Dienste Mosselbaai, glimlag breed oor sy seun Dyan se drie medaljes wat hy tydens die Paralimpiese Spele in Londen verower het. Foto: Cornelle Carstens.

ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
The Disabled CAN do it
NMMU open days
Geen krag dié Sondag
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
80, but not cold
Terroriste in die Tuinroete?
Healthy made easy
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Madibadag skenkings benodig
Ongeluk op N2
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 34.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 33.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser
Twitter Facebook Digital Platforms