|
|
Méér as ‘n hulp vir Danabaai-man
04:00 (GMT+2), Fri, 14 September 2012
|
|
|
|
|
|
|
Pieter Corneelse lyk sommer anders met Eddie, sy dienshond aan sy sy. Na meer as twee jaar se gewag en vertrou, het hy sommer hernieude moed. Foto: Cornelle Carstens
|
MOSSELBAAI NUUS - Pieter Corneelse van Danabaai sê hy is 'n ander mens. Veral, sedert sy pad uiteindelik gekruis het met Eddie, 'n opgeleide dienshond van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging, waarvoor hy al sedert 2010 onderhandel.
Pieter is al etlike jare rolstoelgebonde en het daarom die noodsaaklikheid van dienshond besef, ten einde weer 'n kwaliteit lewe te kan hê. Ten einde raad en na baie selfstudie, het hy onderneem om sy eie hond op te lei.
Einde 2011 het die Advertiser berig oor sy eerste Labrodor-hondjie, Benjy, wat op 'n jong ouderdom uitgesit moes word toe 'n ongeneeslike kanker by hom gediagnoseer is. Pieter was troosteloos, maar toe Kersfees aanbreek, verskyn 'n agt-weke-oue Labrador met die naam Cindy in sy kerskous.
In Mei vanjaar is Pieter deur die Gidshondvereniging geassesseer om te bepaal of hy sou kwalifiseer vir 'n dienshond.
Daar is egter beslis dat hy 'n onbepaalde wagtydperk in die gesig staar. Intussen het Cindy goeie vordering gemaak tydens haar 'tuisonderrig', maar wonder bo wonder, kry Pieter in Julie nuus dat hy in aanmerking kom vir 'n dienshond en in Augustus vir weeklange opleiding in Kaapstad moes aanmeld.
"Dit was 'n bitter moeilike besluit," vertel Pieter, "en 'n nog moeiliker afskeid."
Hy het twee gesinne gekies waarmee onderhoude gevoer is en vandag woon Cindy in Heiderand. "Ons het gereeld kontak," sê hy skertsend, "'Cindy' stuur gereeld vir my foto's en boodskappies op Facebook!"
En Eddie? Pieter vertel dat hulle dadelik bymekaar aangepas het. Eddie help hom om goed op te tel wat hy as gevolg van sy gestremdheid so gereeld laat val. Eddie maak deure oop en weer toe. Eddie gaan haal goed wat in vertrekke agterbly. En Eddie blaf nie, tensy hy opdrag kry om te gaan hulp soek.
"Mense behandel gestremdes baie keer as fratse, want al wat hulle sien is 'n man in 'n rolstoel," vertel Pieter. "Eddie is meer as 'n hulp vir my. Nou sien mense 'n man met 'n mooi hond. Hy het my 'n deel van my menswaardigheid teruggegee."
ARTIKEL EN FOTO: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 34 and 46.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 32.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 44 and 54.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 55.
|
|
|
|
|
|
|