|
|
Besigheidskamer gholfdag vir Sportfees
00:00 (GMT+2), Fri, 14 September 2012
|
|
|
|
|
|
|
Dagboek nou reeds 28 September vir die Besigheidskamer se ope Gholfdag, in samewerking met Rawson Eiendomme, by die Mosselbaai Gholfklub.
|
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Besigheidskamer, in samewerking met Rawson Eiendomme, bied op Vrydag, 28 September, as deel van die Mosselbaai Sportfees, 'n ope gholfdag by die Mosselbaai Gholfklub aan.
Mosselbaai Gholfklub is die tuiste van kampioene soos Louis Oosthuizen en Lee-Ann Pace. Die gholfbaan is bekend as een van die mooiste bane in die land met 'n pragtige uitsig oor die see. Gholfspelers, sakelui en sportmanne kry die kans om as deel van die Mosselbaai Sportfees saam met kollegas en sportvriende aan 'n vierbal toernooi deel te neem.
Besoekers kan boonop voordeel trek uit die akkomodasie-korting van 50% wat die munisipaliteit by kampplekke en chalets tydens die Sportfees aanbied.
Die kompetisie is die gewilde vierbal samespel en pryse van tot R25 000, en 'n R10 000 kolhouprys op 'n syfer drie gat kan gewen word. Verrigtinge begin om 11:30. Inskrywings is R800 per vierbal en die prysuitdeling sal plaasvind by die Bravo Lounge by die Garden Route Casino.
Kontak Lyzette van die Mosselbaai Gholfklub by 044 691 2379 vir besprekings.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Golf
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 56 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 54.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 34.
I'm a 31 year old woman looking to meet men between the ages of 31 and 45.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 39 and 45.
|
|
|
|
|
|
|