|
|
Steve kom sing nuwe treffers in George
06:00 (GMT+2), Thu, 13 September 2012
|
|
|
|
|
|
|
Steve Hofmeyr is eersdaags in George te sien.
|
SUID-KAAP NUUS - Aanhangers van Steve Hofmeyr tel die dae af na sy konsert in Mosselbaai en George op onderskeidelik 21 en 22 September.
Dit word aangebied deur die George Herald in samewerking met XtremeFunctions en vind plaas in Laerskool George-Suid se saal.
Steve vier 25 jaar in die musiekbedryf. Hy gaan sy gehoor vermaak met ou gunstelinge soos Pampoen, Bloubul, Liefling en 'n Neil Diamond-treffer of twee, maar hy sê dat hy baie opgewonde is oor sy nuwe treffers wat hy vir sy gehoor gaan opdis. "As jy van Blou Ballon en Juliet gehou het, is hierdie jou konsert!" is sy belofte.
Kaartjies is beskikbaar teen R150 per persoon vir die Goue Sirkel - dit is die kaartjies naaste aan die verhoog (voorste rye) - terwyl ander kaartjies R120 per persoon beloop.
Kaartjies is beskikbaar by die kantore van die George Herald by Yorkstraat 72 of by Eduard Hugo van XtremeFunctions by 071 868 6231.
Die George Herald-kantoor by Ringweg 13 verkoop eksklusief die Goue Sirkel-kaartjies.
Steve tree ook op 21 September in Mosselbaai op.
Kaartjies vir die Mosselbaai vertoning is beskikbaar by Eduard Hugo van XtremeFunctions by 071 868 6231, die kantore van die Mossel Bay Advertiser by Kerkstraat 9 en belangstellendes van Albertinia-omgewing kan na-ure kaartjies bekom by Annatjie by 076 584 5406.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 26 and 32.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 42 and 54.
I'm a 23 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 35.
|
|
|
|
|
|
|