|
|
Sop en sjerrie vir Sean
14:00 (GMT+2), Fri, 17 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Sean Lancaster is onlangs met akute Myeloïde-leukemie gediagnoseer en maak staat op 'n stamsel oorplanting om sy lewe te red, 'n prosedure wat sy familie duisende Rand uit die sak gaan jaag. Sy familie reël 'n Sop-en-Sjerrie aand by die Protea Hotel se Ochre Room op 14 September, met Stef Kruger as gaskunstenaar.
|
MOSSELBAAI NUUS - Dagboek nou reeds 14 September vir 'n onvergeetlike aandjie in die geselskap van Mosselbaai se eie musiekreus, die befaamde Stef Kruger.
Kruger tree op om fondse in te samel vir die herstel van 'n jong man wat aan kanker ly.
Sean Lancaster was tot onlangs 'n lewenslustige 17-jarige wat uitdagings vierkant in die oë gekyk het. Toe word akute Myeloïde-leukemie by hom gediagnoseer en sy lewe is in 'n ommekeer omvergewerp.
Vandag maak hierdie jong man staat op 'n stamsel oorplanting om sy lewe te red, 'n prosedure wat sy familie duisende Rand uit die sak gaan jaag. Om hierdie lewensbelangrike oorplanting te bekostig, reël die familie 'n Sop-en-Sjerrie aand by die Protea Hotel se Ochre Room.
Kruger se liedjies is dalk meer bekend as die kunstenaar self. Hy het al talle liedjies vir Afrikaanse sangers geskryf, waaronder Dozi, Juanita du Plessis, Amanda Strydom, om maar net 'n paar te noem.
Hierdie befaamde Danabaaier gaan 'n aand se heerlike vermaak verskaf, terwyl gaste kan smul aan die lekkerste sop en sjerrie, alles teen slegs R100 per persoon.
Kaartjies sal vanaf Maandag, 20 Augustus by Dekker Prokureurs in Kerkstraat, en by Huis te Marquette by Marshstraat 1, Mosselbaai beskikbaar wees.
Vir meer inligting, kontak gerus Jeanine du Plessis by 0829290385, of Marthi Robertson by 079 526 1343.
Dis nie aldag dat 'n mens die kans kry om 'n optrede deur Stef Kruger by te woon nie, moenie hierdie kans verspeel nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 37 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 38.
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 60.
I'm a 30 year old woman looking to meet men between the ages of 29 and 42.
|
|
|
|
|
|
|