|
|
Kenani word mondig
07:00 (GMT+2), Fri, 17 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Boeremusieklegendes Allan Green en Freddie Rheeder afgeneem tydens die Kenani-kermis vroeër vanjaar, neem ook deel aan die program tydens die verjaardagviering. Foto: Cornelle Carstens
|
MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV Kenani-dienssentrum het op 1 Augustus vanjaar hulle 21ste bestaansjaar gevier.
Alhoewel die mylpaal reeds sommer so informeel by die dienssentrum gevier is, hou Kenani op Vrydag, 31 Augustus 'n groot verjaarsdagviering in die Mosselbaai Stadsaal, waarna hulle graag alle lede en ook die gemeenskap van Mosselbaai wil uitnooi.
Buiten Kenani se gehalte kos wat voorgesit sal word, bied die program ook 'n verskeidenheid van uitstekende vermaak deur plaaslike musikante.
Die geleentheid begin reeds 08:30 vir 09:00 met 'n oggendtee, waartydens verskeie sprekers, onder andere, die Uitvoerende Burgemeester van Mosselbaai, Raadsdame Marie Ferreira, en ook die Kenani-koor sal optree. Die bekende Mosselbaaise sangpaar, Frans en Sandra Brits, tree ook op en grepe uit Kenani se kleurvolle geskiedenis sal gewys word.
Allen Green, Freddie Reeder en Marcus Louw, bekend vir hulle aansteeklike Boeremusiek, sal deurgaans tydens die geselligheid agtergrondmusiek verskaf. Die Hartsnare, 'n orkes bestaande uit jong musikante tussen vyf- en 17-jarige ouderdom, wat deur Lelane van der Merwe afgerig word, neem ook deel aan die program. Hierdie groepie het onlangs 92% behaal met hulle optrede by die Mosselbaai Eisteddfod.
'n Smaaklike middagete sal bedien word. Die Kenani-dienssentrum sal gesluit wees, maar sal weer oop wees vir besigtiging na afloop van die verrigtinge in die Stadsaal. Kaartjies vir hierdie geleentheid kos R65 vir nie-lede en vir lede word die kaartjiekoste op 'n glyskaal bereken.
Alle besprekings moet voor of op Maandag, 27 Augustus gedoen word. Kontak Antoinette Fouché vir navrae en besprekings by 044 690 3204.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 57 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 57.
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 44 year old woman looking to meet men between the ages of 43 and 55.
I'm a 33 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 39.
|
|
|
|
|
|
|