|
|
Heroldfees ‘n bok vir sports
10:30 (GMT+2), Thu, 16 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Behalwe vir vermaak uit die boonste rakke, lekker kos, drankies en pragtige stalletjies is daar ook boerbokke vir Afrika en baie ander dier en boksoorte by die fees te sien. Foto: Ilse Schoonraad
|
LANDBOU NUUS - Vanjaar se Agri Herold Landboufees spog met vir 'n ieder en 'n elk - van 'n deftige dinee tot 'n sjokolade- en wyn-heerlikheid, vermaak onder leiding van Innes Benade, direkte radio-uitsendings, veegehalte en -afrigkompetisies, 'n bergfietstoer en 4x4-pret vir die avontuurlustiges.
Die fees vind van 29 Augustus tot 1 September by Tuinroete Agri se ruim handelstak langs die N9 in die Herold-distrik sowat 35 km vanaf George plaas.
Vroue van die Suid-Kaap word genooi om 'n elegante Sjokolade- en Wyn-proe tydens vanjaar se fees by te woon. Die unieke geleentheid word Vrydag 31 Augustus en Saterdag 1 September om 11:00 in 'n spesiale hoekie van die uitstalruimte deur Suid-Kaap Wingerde en Lindt-sjokolade aangebied. 'n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar. Bel Deidre Bisschoff by 044 272 8660 om te bespreek.
Daar is ook nog kaartjies beskikbaar vir die afskop-dinee wat Woensdag 29 Augustus by Oppie Plaas Venue in Waboomskraal plaasvind. Sakeondernemings van die Suid-Kaap word genooi om saam te kuier oor 'n keurige driegangmaaltyd. Enkele tafels teen R2200 per tafel van 10 persone is nog beskikbaar by Dèan Barnard by 072 996 1668.
'n Blinde veiling word tydens die dinee gehou waarvan die opbrengs geskenk sal word aan bejaardesorg-sentrums Bellinghanhof in Oudtshoorn en Rosemoor in George.
Gassprekers tydens die dinee is dr. John Purchase van Agbiz en weerkundige Johan van den Berg. Hulle gaan ook Donderdag-oggend landbouers by die fees toespreek. Innes Benade is die seremoniemeester en hy gaan met sy vrou Greta se begeleiding ook 'n paar liedjies sing.
Benade tree ook tydens die fees op as seremoniemeester en hy en sy talentvolle gesin gaan feesgangers deurgaans vermaak. Verskeie plaaslike kunstenaars gaan ook deelneem. EDENfm saai deurgaans onderhoude met interessante feesgangers vanaf die feesterrein uit.
Tashia, eienaar van 'n sangskool in George, bied Saterdag 1 September vanaf 11:00 'n talent-kompetisie aan. Voornemende deelnemers moet 'n uur vooraf by die verhoog registreer en 'n begeleiding-CD oorhandig. Die inskrywingsfooi is R30 en die wenner ontvang 'n demonstrasie-CD ter waarde van R2000. Vir meer inligting, kontak Tashia by 083 598 3885.
Jannie de Bruin, buikspreker met sy geliefde handpoppe gaan ook opnuut groot en klein vermaak. Verder is daar gesigverf, 'n nar wat met ballonne kan toor en 'n veilige speelplek vir kleingoed.
Vir buitelewe-entoesiaste is daar 'n bergfietswedren oor verskillende afstande. Inskrywingsfooie is R90 vir 80 km, R50 vir 48 km, en R40 vir 20 km. Die 80 km-wedren spring om 09:00 weg vanaf die feesterrein, gevolg deur die 48 km 'n kwartier later, en die 20 km nog 15 minute later. Al die wedrenne volg 'n sirkelroete en eindig by die beginpunt. Vir meer inligting kontak Essie Esterhuyze by Oudtshoorn Fietse by 044 279 1062.
Volgens Attie de Klerk daar nog plek vir boere met gewone 4x4-bakkies wat aan die Rebel 4x4-uitdaag wil deelneem.
Ander kategorieë wat vir baie opwinding gaan sorg is die gemodifiseerde voertuie met groter bande wat skuinser walle kan aandurf, voertuie in die Xtreme-klas wat spesiaal gebou is vir die soort speletjies, en pypkarre wat al die pad van die Oos-Kaap af kom om deel te neem. Vir meer inligting, kontak Attie de Klerk by 082 323 2339.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 45.
I'm a 34 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 35.
I'm a 33 year old woman looking to meet men between the ages of 28 and 45.
I'm a 53 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 53.
|
|
|
|
|
|
|