Mossel Bay Advertiser
Mossel Bay Advertise
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Body Stress release in Mosselbaai!
10:00 (GMT+2), Fri, 10 August 2012
Body Stress release in Mosselbaai!
Die Body Stress Release-span
MOSSELBAAI SAKE NUUS - Het u al ooit gaan stil staan in verwondering oor die briljante ontwerp van die menslike liggaam?
Van geboorte af behou die eerste klein sel alle inligting wat nodig is vir die vorming, groei en ‘n algehele self-genesende menslike wese.

Hoekom is die liggaam dan nie altyd instaat om na vorige gesondheid terug te keer na siekte of besering nie?
Vanweë die vinnig veeleisende pas van ‘n moderne leefstyl, word ons soms blootgestel aan fisiese, emosionele of chemiese stres oorlading.

Ons neem nie altyd genoeg tyd om te rus en herstel nie, en liggaamlike stres bou op in die liggaam. Die senustelsels word dan beperk en die liggaam se vermoë om te herstel word ondermyn.

Liggaamlike stres manifesteer dan op maniere soos rug-, -nek of hoofpyn, sooibrand, styfheid, steekpyne in die arms of bene, “sciantica”, krampe en/of moegheid. Die liggaam benodig dan hulp om die stres oorlading vry te stel.

Body Stress Release (BSR) is ‘n wêreldwye tegniek wat ontstaan het in Suid-Afrika en word ook vandag suksesvol uitgevoer in Holland, VK, Australië, Ysland, Hawaii, Duitsland en Oostenryk.

Die kliënt lê ten volle geklee op die BSR bed, terwyl ligte druktoetse uitgevoer word om die spesifieke plekke op die liggaam te identifiseer wat help om die spanning vry te stel en self-genesing te heraktiveer.

BSR is heeltemal veilig. Praktisyns kan selfs met pasgebore babas werk wat byvoorbeeld spanning in hul nekke of rûe het – dalk deur ‘n ingewikkelde geboorte proses. Babas wat voortdurend huil en rusteloos is, kalmeer gewoonlik en hul slaappatrone verbeter.

Pierre Morton werk al vir langer as drie jaar in Mosselbaai as ‘n BSR Praktisyn. Van ‘n jong ouderdom het hy ‘n ywerige belangstelling getoon in verskillende maniere hoe die liggaam natuurlik genees. Hy het by Gail en Ewald Meggersee studeer, die stigters van BSR, en sy kwalifikasies in 2006 verwerf. Sedertdien het hy al suksesvol gepraktiseer in Holland en Griekeland asook ander areas in Suid-Afrika.

BSR is ‘n tegniek wat die lewens van duisende mense verbeter.
Hier is twee getuigskrifte van Pierre Morton se Mosselbaai praktyk:

Stephan Thomson besit en bestuur sy eie tuindiens. Hy het navraag gedoen by Body Stress Release omdat hy geleidelik ‘n pyn begin ontwikel het wat deur sy skouer, binne sy skouerblad en die regterkant van sy nek geskiet het, asook versprei het na sy arm.

Hy het ‘n punt bereik waar hy skaars sy arm en hand kon gebruik. Mediese inspuitings kon nie die pyn verlig nie en chirurgie het ter sprake gekom – iets wat Stephan nie wou doen nie.

Na Stephan se eerste Body Stress Release sessie het Pierre aan hom verduidelik dat die diepliggende spanning in sy laerug die oorsaak van sy skouerpyn was. Stephan sou vir ten minste 10 sessies moes terugkeer vir ‘n kans op herstel deur Body Stress Release.

Stephan het die kans gewaag en het besluit om hierdie proses op die proef te stel. In die begin was daar geen verbetering in sy skouer nie, maar na sy agtste weeklikse sessie kon hy skielik ‘n merkwaardige afname in pyn opmerk!

Na die negende en 10de sessies kon hy met vreugde weer sy hand en arm normaalweg gebruik.

Stephan kom nou vir onderhoudsessies elke vier tot agt weke om seker te maak dat sy skouer spanning- en pynloos bly.

Morne Robertson, ‘n plaaslike polisie offisier in sy laat 20’s, moes sy liefde vir oefening laat vaar omdat sy laerug ongelooflik seer en styf geword het. Soggens as hy opstaan was sy bene ook lam en styf.

Morne het ook skerp pyn ervaar tussen sy skouerblaaie, asook ‘n stywe nek wat nie ordentlik heen en weer kon draai nie, gereelde krampe in sy kuite en duiseligheid wanneer hy regop staan.

Na drie Body Stress Release sessies was Morne se laerug baie beter. Sy stywe nek, pyn tussen die skouerblaaie, krampe en lighoofdigheid het heeltemal verdwyn.

‘n Baie gelukkige Morne kon weer sy ou aktiewe, oefenende, atletiese self wees!

Body Stress Release diagnoseer of behandel nie enige siektes of mediese toestande nie. Dit help bloot die liggaam om opgehoopte spanning, wat die resultaat is van stres oorlading, vry te stel.
Daardeur verhoog dit ons God gegewe potensiaal vir self-genesing. Die sleutel tot BSR se sukses is die filosofie wat lui - “die liggaam is ontwerp om self te genees!”

Die eerste afspraaksessie en konsultasie se tarief is R250 en alle daaropvolgende afsprake kos R170.

Kontak Body Stress Release:
044 690 5189 / 072 654 1795

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Southern Cape Business News
What you don't know can harm you
Asset allocation strategy the key to successful investing in volatile markets
Right to Repair Campaign aims to put consumers in control of maintenance decision-making
NMMU open days
Entrepreneurs benefit from competition
EEAB's intern monitoring system is almost 'unworkable'
Open day for service suppliers
Market confidence is on the up, buying now could be the smartest move says Seeff
Search for SA’s supreme office professional
How to handle financial stress
Archive
Latest News
Resourceful mom to save scooter team
Bewustheid deur verf geskep
New application for gas exploration
Update: You can help to monitor our reefs
Away with red tape
Have your say about planned Asphalt plant
Update: Dassies monitoring to continue
Mossel Bay Tourism salutes the late Neels Zietsman
Traditional checks on agents no longer valid
N2-ongeluk ontwrig verkeer
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 19 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 45.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 100.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser
Twitter Facebook Digital Platforms