Mossel Bay Advertiser
Mossel Bay Advertise
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Die ontwikkeling van die motorfiets
09:47 (GMT+2), Wed, 08 August 2012
Die ontwikkeling van die motorfiets
Daar is geen werklike verskil tussen die raam van ‘n ou dikwielfiets en die eerste motorfietse nie. (henrysrodshop.com)
MOTOR NUUS - Om te kyk na die geskiedenis en ontwikkeling van die motorfiets kan ons nie anders nie as om terug te keer na die gewone trapfiets. Die motorfiets was aan die begin net 'n vinniger neweproduk van die,ou dikwielfiets.

Die beskeie 'gemotoriseerde' fiets het gelei tot die gevorderde, goed beplande modelle van voor die Tweede Wêreldoorlog.

Die generasie motorfietse van vandag het die grense verskuif met aërodinamika, spoed, hantering en algemene werkverrigting. Elke gesoute motorfietsryer sal jou vertel dat daar ook 'n groot verskil in die bestuur van die ouer modelle teenoor vandag se supermodelle is.

Jare gelede het ons 'n 1980 Honda CBX 1000 gehad. Met sy 'candy apple red' kleur was dit die mooiste ding op twee wiele en nog gewillig ook. Baie gewillig.

Met ons eerste rit na 'n CMA-byeenkoms in Christiana is daar aan ons gevra: "Ry julle in die eerste groep of tweede groep?"

Wel - die eerste groep was toe die moderne 'superbikes' wat 'n gemiddeld van 160 km of meer handhaaf. Ons het toe maar by die tweede groep ingeval wat 'n meer beskaafde 120 km gery het. 'n Paar jaar later koop ons 'n Honda Blackbird en skielik besef ons waarom die twee groepe maters nie saamry nie.

In die reeks artikels volg ons die wielspore van gister en kyk ons na die geskiedenis en die ontwikkeling van die motorfiets.

RAAM
Die raam is die basiese struktuur waarom die motorfiets gebou word. In die vroeë dae van die gemotoriseerde fiets, is staalpype saamgesweis op 'n soortgelyke manier en vorm as die gewone fietsraam. Soos materiale 'n onafskeidbare onderdeel van die gewig en die spoed van 'n motorfiets geword het, het 'n paar ontwerpe teen die 1970's algemeen geword:

Die gevlegte staalraam (waarin verskillende dun staalpype saamgevleg is om 'n baie ligter en sterker raamwerk te vorm) het in die tweede helfte van die twintigste eeu verskyn en tweedens het die wiegraamwerk, met baie dikker pype wat 'n 'wieg' vorm vir die enjin, die algemeenste in hierdie tydperk geword.

Vandag word gesweiste aluminium of staal gebruik om die raam te bou, alhoewel koolstofvesel en titanium benut word in pasgemaakte modelle. Sekere rame is ook so ontwerp om mee te gee tydens die impak van 'n ongeluk.
Deesdae vorm die agtervering ook deel van die raam, in teenstelling met die vroeëre modelle.



ARTIKEL: EMSIE MARTIN
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Southern Cape Motoring News
Mazda donates to Honorary Rangers
Motoring tip of the week
Goodyear plant achieves highest audited quality scores
Citroën enters minibus taxi market
Award for Chrysler SA
F1 drivers face penalties
GL Class a premium SUV
Fifth member joins EcoBoost family
Motoring tip of the week
Kia Optima's power boost
Archive
Latest News
The Disabled CAN do it
NMMU open days
Geen krag dié Sondag
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
80, but not cold
Terroriste in die Tuinroete?
Healthy made easy
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Madibadag skenkings benodig
Ongeluk op N2
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 31 and 41.
I'm a 54 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 54.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser
Twitter Facebook Digital Platforms