|
|
Busfoto skud motoriste
16:15 (GMT+2), Thu, 02 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Hierdie foto van ‘n onwettige verbysteek het groot opspraak verwek.
|
WES-KAAP NUUS - Baie mense in die land is nie net van taxi's afhanklik nie, maar ook van busvervoer, veral oor lang afstande. In sulke tye plaas jy letterlik jou lewe in 'n vreemde bestuurder se hande, wat in baie gevalle al noodlottig geëindig het - en dikwels word niemand daarvoor aanspreeklik gehou nie.
'n Bewys daarvan is die hofsaak wat onlangs ten einde geloop het van 'n busongeluk in 2010, waar 'n klomp skoolkinders noodlottig beseer was. Die groot vraag met sulke ongelukke is of daar nalatigheid aan die bestuurder se kant was. Dit is nie altyd moontlik om te bewys nie, maar oplettende motoriste kan hierin van groot hulp wees.
Een so 'n geval waar 'n motoris (hopelik was dit sy passasier) 'n foto geneem het terwyl 'n Translux busbestuurder 'n vragmotor op 'n soliede wit streep verbysteek, het op Dinsdag, 24 Julie groot opspraak verwek. Die voorval het ongeveer 50 kilometer voor Touwsrivier op die N1 plaasgevind. Hierdie ernstige oortreding het nie net sy eie nie, maar ook dié van al die passasiers, die vragmotorbestuurder én aankomende verkeer in gevaar gestel.
Die foto is op Facebook gesit en ook aan die departement van vervoer en publieke werke gestuur, wat 'n ondersoek geloods het en Robin Carlisle, hoof uitvoerende beampte van vervoer, het Translux hiervan in kennis gestel, wat op sy beurt die bestuurder geskors het tot die saak afgehandel is.
Die bestuurder van die bus het intussen by dié maatskappy bedank, maar tensy sy publieke vervoer lisensie en selfs bestuurderslisensie ingetrek word, is dit seker nie onmoontlik dat hy by 'n volgende busmaatskappy werk sal kry nie. Waar laat dit ons?
Carlisle gee die antwoord self: "It is important that consequences are imposed when people drive irresponsibly on the roads. Increasingly, their irresponsible behaviour is being recorded and we continue to commend and encourage members of the public to be forthcoming with this information. This will go a long way in ensuring that the appropriate consequences are applied to these drivers."
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 60.
I'm a 60 year old man looking to meet women between the ages of 36 and 55.
I'm a 54 year old woman looking to meet men between the ages of 49 and 59.
I'm a 42 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 45.
|
|
|
|
|
|
|