MOSSELBAAI NUUS - Die vere maak nie altyd die voël nie, maar Mosselbaai se liga-spanne het baie gespog met hul vietse nuwe vere. Die nuwe pienk liga-hemde is geborg deur Sean, seun van Errol en Laetitia Higgs, wat lede van die klub is. Baie dankie, Sean!
Die eerste wedstryd in die pragtige nuwe uitrustings het die teenstanders baie beïndruk, soveel so dat die B-liga die wedstryd teen Plettenbergbaai maklik gewen het.
Die C-liga het teen Fancourt gespeel. Fancourt het tweede gekom in die mode-parade, maar kon darem daarin slaag om die wedstryd te wen.
Die spanne was:
B-liga: Annette Pretorius, Ina Swart, Gail Botha, Hanlie Borchardt, Toesie Dercksen en Rita Herholdt.
C-liga: Tertia Mitchell, Martie du Toit, Thelma Winterbach, Susan Wright, Magda Kaltenbrunn en Shirley Greig.

Die Mosselbaaiers in hul nuwe pienk liga-hemde.
|