NASIONALE NUUS - Die spyskaart vir Saterdag se ontbyt bestaan weer uit pap en rugby - met stérk koffie daarby vir die senuwees.
SuperSport se regstreekse TV-dekking van die Bulls en die Sharks se Superrugby-wedstryde in Christchurch en Brisbane onderskeidelik sal die dag sommer by hef aan laat begin. Die Crusaders en die Reds sal die Suid-Afrikaners sekerlik nie doer onder met gasvryheid oorlaai nie.
Van ontspan sal daar ná die rugby ook nie juis sprake wees nie, want daar is ook groot krieket op die Oval in Engeland. Al die aksie in die eerste toetswedstryd tussen Engeland en Suid-Afrika word regstreeks uitgesaai.
Die spanning sal dié naweek elke aand tot lank ná sononder duur, veral as 'n Suid-Afrikaner of twee in die Britse Ope die soort gholf speel waarvoor hul ondersteuners al die hele jaar wag.
As die SA krieket- en gholfspelers die naweek die sweep laat klap, sal TV-kykers hul sake goed moet beplan om saam met miljoene aanhangers na een van die groot hoogtepunte van die sportjaar te kyk - die jaagtog wenpaal toe in die Tour de France.
Maar aan al die skouspelagtige sport sal 'n stewige klomp mense hulle nie te veel steur nie. Vir hulle is die regstreekse uitsending van die Duitse Grand Prix en ander opwin-dende motorsport al wat saak maak.
SuperSport-hoogtepunte (alles regstreeks):
Vrydag 20 Julie:
Atletiek: Diamantliga, Monaco - 20:00 tot 22:00 op SS 2.
Fietsry: Tour de France, skof 18 - 14:05 tot 17:30 op SS 6.
Gholf: Britse Ope, dag 2 - 09:45 tot 22:00 op SS 1 en van 19:30 af ook op GDN.
Krieket: Engeland t SA, eerste toets, dag 2 - 11:30 tot 19:30 op SS 2 en GDN.
Motorsport:
F1: Duitse Grand Prix, oefening 1 - 09:50 op SS 5
GP 2: Duitse oefening - 11:40 op SS 5. F1: Duitse GP, oefening 2 - 13:50 op SS 5; Duitse kwalifisering - 15:30 op SS 5.
Rugby: Curriebeker, eerste liga: OP-Kings t Grens - 19:00 op SS 6.
Sokker: Manchester City t Besiktas, Istanbul - 18:25 op SS 3.
Tennis: Duitse Ope, kwarteind - 12:00 tot 20:30 op SS 7; Atlanta-kampioenskap, kwart-eind - 22:00 tot 00:30 op SS 7.
Saterdag 21 Julie:
Atletiek: Grand Prix in Szczecin, Pole - 19:15 tot 21:30 op SS 6.
Fietsry: Tour de France, skof 19 - 14:05 tot 22:00 op SS 6.
Gholf: Britse Ope, dag 3 - 10:45 tot 22:00 op SS 5.
Krieket: Engeland t SA, eerste toets, dag 3 - 11:30 tot 19:30 op SS 2.
Motorsport: GP 3, Duitse kwalifisering - 09:40 op SS 7. F1: Duitse GP, oefening 3 - 10:50 op SS 7; Duitse kwalifisering - 13:50 op SS 7. GP 3: Duitse wedren 1 - 17:15 op SS 7. Superfietsrenne: Tsjeggiese Superpole - 15:00 op SS 7.
Rugby (Superrugby): Crusaders t Bulls, Christchurch - 09:00 op SS 1 en M-Net; Reds t Sharks, Brisbane - 11:35 op SS 1 en M-Net. Curriebeker, eerste liga: Pumas t Valke - 14:45 op SS 1.
Sokker: Gauteng-uitdaging: SuperSport United t Wits, halfeind 1 - 09:45 op SS 4; Moroka Swallows t Kaizer Chiefs, halfeind 2 - 11:55 op SS 4; eindstryd - 17:00 op SS 4; Liverpool t Toronto in Kanada - 21:55 op SS 3. Tennis: Atlanta-kampioenskap, kwarteind - 01:00 tot 03:30; Atlanta, halfeind 1 - 19:30 tot 21:30.
Sondag 22 Julie:
Fietsry: Tour de France, skof 20 - 13:50 tot 19:00 op SS 6.
Gholf: Britse Ope, dag 4 - 11:45 tot 21:00 op SS 1 en van 19:30 af ook op GDN.
Krieket: Engeland teen SA, eerste toets, dag 4 - 11:30 tot 19:30 op SS 2; Sri Lanka t Indië, eendagwedstryd - 10:45 tot 18:30 op SS 5.
Motorsport (GP 3): Duitse wedren 2 - 09:20 op SS 7; GP 2: Duitse wedren 2 - 10:20 op SS 7; F1: Duitse Grand Prix - 13:30 tot 16:30 op SS 7.
Tennis: Atlanta-kampioenskap, halfeind 2 - 01:00 tot 03:30 op SS 7; Switserse Ope, eindstryd - 11:00 tot 13:20 op SS 6; Atlanta-kampioenskap, eindstryd - 21:00 tot 00:00 op SS 7.
|