|
|
Mosselbaai Besigheidskamer verwelkom aankondiging deur PetroSA
06:00 (GMT+2), Fri, 13 July 2012
|
|
|
MOSSELBAAI NUUS - "Daar was in die jongste tyd heelwat bespiegelinge oor die toekoms en voortbestaan van PetroSA en die rampspoedige gevolge wat 'n sluiting van die aanleg vir Mosselbaai sal inhou.
Die jongste aankondiging van PetroSA dat die Nasionale Energiereguleerder toestemming verleen het dat hulle met die F-O-gasaanleg kan voortgaan, is daarom inderdaad goeie nuus."
Só sê mnr Pierre Venter, voorsitter van die Mosselbaai Besigheidskamer.
"Nie net is die lewensduur van die aanleg tot minstens 2025 verseker nie, maar die talle nuwe geleenthede wat geskep gaan word, gaan ook 'n groot inspuiting vir die plaaslike ekonomie wees.
Vergadering
Die Besigheidskamer is baie opgewonde oor hierdie aankondiging en het reeds hul volgende netwerkfunksie beplan vir Dinsdagaand, 24 Julie, waartydens senior verteenwoordigers van PetroSA die vergadering meer volledig sal inlig omtrent die planne en ook die talle besigheidsgeleenthede waarvoor Mosselbaaiers hulle kan gereed maak.
Die volgende 'shut-down is ook net om die draai en belangstellendes kan gerus kom hoor hoe hulle kan registreer as verskaffers om van die talle sake en werksgeleenthede gebruik te maak.
Jy kan nie bekostig om hierdie funksie van die Mosselbaai Besigheidskamer mis te loop nie. Die finale plek en tyd sal later bekend gemaak word - hou die pers dop!
Vir meer inligting kan jy ook vir Marika Thomatos skakel by 044-691-3440.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Business
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 58 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 55.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 54 year old woman looking to meet men between the ages of 50 and 57.
I'm a 52 year old woman looking to meet men between the ages of 53 and 59.
|
|
|
|
|
|
|