Mossel Bay Advertiser
Mossel Bay Advertise
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Spaar krag tot eie voordeel
08:20 (GMT+2), Wed, 25 April 2012
MOSSELBAAI NUUSFLITS - Nie net het die prys van brandstof onlangs dramaties verhoog nie, maar heelwat verbruikers is ook van mening dat elektrisiteitseenhede se pryse aangepas is sonder dat hulle daaroor ingelig is.

Die Mosselbaai munisipaliteit wys egter daarop dat elektrisiteitseenhede in kilowattuur-eenhede (kWh) verskaf word, en dat daar nie sprake is daarvan dat eenhede ingekort is nie.

Sou die munisipaliteit hul inkomste uit elektrisiteit wou aanpas, word dit deur middel van tariefaanpassings gedoen. Die wyse waarop tariefaanpassings gedoen mag word, word wetlik voorgeskryf en moet vir openbare kommentaar voorgelê word deur kennisgewings daaroor in die media te publiseer.

Mnr Harry Hill, die munisipale woordvoerder, vra lesers om daarop te let dat individuele meters kan wanfunksioneer en 'n verkeerde lesing kan registreer. Dit is egter nie die norm nie. Sou 'n verbruiker van mening wees dat elektrisiteitsverbruik by sy of haar perseel buitengewoon toegeneem het, kan die munisipaliteit versoek word om die betrokke meter te toets. Die fooi vir so 'n toets beloop tans R220 vir 'n enkelfase meter.

Die munisipale elektrisiteitsheffing word jaarliks bepaal en word saam met die munisipale begroting voorgelê, ook na 'n openbare deelnameproses.

Die verbruikers sal egter algemeen daarby baat om baie meer omsigtig met elektrisiteitsverbruik om te gaan.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
The Disabled CAN do it
NMMU open days
Geen krag dié Sondag
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
80, but not cold
Terroriste in die Tuinroete?
Healthy made easy
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Madibadag skenkings benodig
Ongeluk op N2
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 60.
I'm a 37 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 38.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser
Twitter Facebook Digital Platforms