Eden-jongspan rol goue medalje los

Eden-rolbal se o.20 B-span het vriend en vyand verras deur die nasionale rolbalkampioenskap tydens die Rolbal SA nasionale kampioenskappe in Bloemfontein te buit. Met hierdie briljante vertonings in al hul wedstryde tydens die kampioenskappe het die jongelinge bewys dat rolbal-ontwikkeling in die Eden-distrik op die regte pad is deurdat hulle van die sterkste provinsiale spanne op hul neuse laat kyk het.

Foto's: Verskaf

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser